Leeu (sterreteken)

Leeu (Leo)
Die astrologiese simbool van die Leeu

Die Leeu (Lat: Leo) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 Julie en 22 Augustus gebore is. Dit is die vyfde teken van die Diereriem.

Die Leeu is een van die drie vuurtekens en vier vaste tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Aap van die Sjinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Leeu is Son.

Leeus kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander vuurtekens, Ram en Boogskutter, asook met Tweelinge en Weegskale.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search